Your Recipe Blog

ITALIAANSE VLEISBROOD

Cook: 1 uur

ITALIAANSE VLEISBROOD

  • 1 kg beesmaalvleis
  • 5 ml maalvleis speserye (Spice for Mince)
  • 2 ml rooipeper (cayenne peper)
  • 30 ml uievlokkies OF 30 ml fyn gekapte ui
  • 10 ml knoffelvlokkies
  • 5 ml knoffelsout
  • sout en peper na smaak
  • 1 eier
  • 125 ml vars broodkrummels
  • 1 wortel, gerasper
  • 1 klein of ‘n ½ groot rooi soetrissie gerasper

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Bespuit ‘n klein brood pannetjie (1.5 liter) met kleefwerende kossproei.
Meng al die bestanddele vir die vleisbrood saam en druk vas in pan.
Bak 1 uur lank tot gaar. Laat rus in pannetjie.
Dreineer die sous en verdik met Bisto.
Bedien saam met die sous, kapokaartappels en groente.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page