Your Recipe Blog

ITALIAANSE NAGEREG

ITALIAANSE NAGEREG

  • 2 pakkies vingerkoekies
  • 1 pakkie sjokolade kitspoeding
  • 1 pakkie karamel kitspoeding
  • 1 pakkie vanilla kitspoeding
  • Sjerrie
  • 250 ml room
  • Flake

Maak kitspoedings aan soos op die pakkies in drie aparte bakkies.
Moenie laat koud word en stol nie.
Neem ‘n vierkantige glasbak.
Pak ‘n laag vingerkoekies.
Sprinkel genoeg sjerrie oor.
Smeer sjokolade kitspoeding oor.
Pak weer ‘n laag koekies, gevolg deur sjerrie en dan karamel kitspoeding.
Pak weer ‘n laag koekies,  gevolg deur sjerrie en dan die vanilla kitspoeding.
Plaas in die yskas en laat koud word tot gestol.
Net voor opdiening, klits die room styf en skep oor die poeding, strooi die flake oor.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.

Resep ingestuur der Malinda Florence
Foto: Lulu Terblanche

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page