Your Recipe Blog

ITALIAANSE HOENDER MET KAPOKAARTAPPELS

Recipe by
1 hour
| Servings: 4

ITALIAANSE HOENDER MET KAPOKAARTAPPELS

Wat ‘n voorreg om vanaand my boetie en sy vrou hier te hê. Ek wou iets maak wat min moeite is, want niemand wil in die kombuis staan as jy met jou mense kan kuier nie.
  • 8 hoenderporsies
  • 2 teelepels knoffel
  • 1 potjie tamatie en basillieskuid pastasous
  • ‘n handvol vars gekapte basiliekruid
  • 100 g Bocconcini (of gebruik gewone Mozarella as jy nie Bocconcini kan kry nie)
  • sout en swartpeper
  • 500 g baba aartappels
  • 30 ml botter
  • 60 ml melk

Voorverhit die oond tot 200 °C (myne was op 180 °C, maar ek het ‘n Thermofan).
Plaas die hoenderporsies in ‘n oondbak.
Meng die knoffel, pastasous en vars kruie in ‘n mengbakkie en skep bo-oor die hoender.
Kraak sout en swartpeper bo-oor. Jy sal weet hoeveel.
Plaas die Mozarella balletjies (Bocconcini) of Mozarella blokkies so tussendeur die hoender en sous.
Plaas die hele gedoente in die oond en bak vir 35 minute.

Terwyl die hoender bak, plaas die aartappels in ‘n kleinerige pot en bedek so half-lyf met water.
Voeg die botter daarby en 5 ml sout om mee te begin (jy kan dit altyd later aanpas). Kook die aartappels tot sag.
As daar nog water in die pot oor is, gooi bietjie daarvan af en druk die aartappels sommer so in die pot fyn, skilletjies en al (my broer noem dit “dirty mash”, ek sê ek behou die nutriënte in die skil). Voeg die melk daarby en roer deur. Proe. As jy voel jy kort iets, voeg dit by.

Resep en foto: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page