ITALIAANSE GEBAKTE HOENDER
- 1 groot ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 3 eetlepels olyfolie
- 2 teelepels gedroogde oreganum
- 3 x 410 g blikkies gekapte tamaties
- 2 eetlepels wit suiker
- 1 eetlepel witwynasyn
- sout en peper, na smaak
- 500 g hoender, gekook, ontbeen en gevlok
- 200 g klein gekapte wortels, opsioneel
- 125 g Cheddarkaas, gerasper
- ¼ koppie broodkrummels
Verhit die oond tot 220ºC.
Braai die uie en knoffel in die olyfolie in ‘n groot kastrol, tot sag.
Voeg die oreganum, tamaties, suiker, wortels en asyn by en geur na smaak.
Laat dit vir 15 – 20 minute prut.
Voeg die hoender by en roer die mengsel.
Plaas die mengsel oor in ‘n oondbak, strooi die kaas oor en dan die broodkrummels.
Bak vir 20 minute of tot die mengsel regdeur warm is en die bokant goudbruin is en borrel.
Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete