Your Recipe Blog

ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE

ISAK SE HEERLIKE BEESTONG POTJIE

  • 3 medium grootte beestonge
  • 3 groot uie, grof gesny
  • 2 medium groen soetrissies, grof gesny
  • 500 gram knopie sampioene
  • 250 gram gedroogde sampioene, fyn gesny
  • 250 gram gedroogde perskes
  • 1 pakkie potjie mielies
  • 1 pakkie potjie gemengde groente
  • 1 pakkie “sweet and spicy apricot cook in sauce” (Royco)
  • sout na smaak
  • knoffel na smaak
  • Vir die sous oor die tong:
  • 250 ml Engelse mosterd
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 100 ml Ideal melk

Meng die sous bestanddele saam en sit in yskas.
Kook die beestonge vir ongeveer 2 ure in’ n pot op die stoof, trek die vel af en sny die tong in skywe.
Steek jou Bo-Baas stofie aan en gooi olie in pot om bodem net-net te bedek.
Braai die uie en soetrissies tot bruin.
Sit die beestong en knoffel by die uie en braai tong tot bruin.
Pak helfte van die knopie sampioene op die vleis.
Pak die klein mielies bo-op.
Pak die potjie gemengde groente bo-op.
Pak die ander helfte van die sampioene.
Pak die gedroogde sampioene en gedroogde perskes heel bo.
Sprinkelsout op en gooi die “sweet en spicy apricot” sous oor.
Neem ‘n koppie van die water waarin die tong gekook het en giet oor.
Sodra die pot kook, stel die hitte af en laat prut vir ongeveer 2 ure.
Skep op stampmielies en geniet.

Resep en foto: Izak Van Niekerk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page