Your Recipe Blog

ISABEL SE VRUGTEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

ISABEL SE VRUGTEKOEK

  • Kook die volgende saam vir 10-15 min. en laat goed afkoel:
  • 500 g vrugtekoekmengsel
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 koppie water
  • 250 g botter of margarien
  • 1 teelepel koeksoda
  • Opsioneel:
  • Kan nog dadels en kersies byvoeg
  • Voeg die volgende by die afgekoelde mengsel en meng goed:
  • 3 geklitste eiers
  • ½ koppie brandewyn
  • 2 eetlepel gouestroop
  • Sif die volgende saam en meng in:
  • 2 koppies koekmeel, gesif
  • 1 teelepel gemengde speserye (mix spice)
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • Voeg heel laaste by en meng deur:
  • 2 teelepels bakpoeier

Voorverhit die oond tot 140ºC.
Skep die beslag in ‘n 23 cm pan wat goed gespuit is en waarvan die bodem uitgevoer is met bakpapier. Bak vir 1 uur of tot die toetspen skoon uitkom.
Laat die koek so rukkie staan en keer uit.
Maak die volgende sous terwyl die koek in die oond is:

  • Sous
  • ½ koppie suiker
  • 1 koppie lemoensap
  • ¼ koppie brandewyn

Kook lemoensap en suiker saam tot suiker opgelos is en voeg die brandewyn by.
Meng goed en smeer oor die koek wanneer dit uit die oond kom.
Ek smeer die koek reg rondom en onder, dan 1 keer weekliks.
Bêre die res van die stroop in die yskas en gebruik soos nodig.

Nota:
Ek bak by 120ºC want my oond is baie warm. Maar pas aan, 140ºC is dalk ‘n goeie temperatuur as jou oond nie so warm bak nie.
Ek het kersies bo-op gepak voor dit in oond gaan maar nie nodig nie. Bak oop teen lae hitte.

Resep en foto: Isabel J Boltman

2 Reviews

  1. Chantel le Roux

    Het ek korrek gelees – bak die koek slegs vir n uur? Ander resepte op dié blad, met soortgelyke bestandele, bak vir 3 tot 4 ure?

    • Hallo, ja sy se sy bak dit net vir ‘n uur en heelwat lede het dit al gebak. Ek sou dink mens moet maar volgens jou oond bak, want oonde verskil maw bak tot hy gaar is.
      Geniet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page