Your Recipe Blog

ISABEL SE BOBOTIE

Cook: +- 1 uur | Servings: 6 - 8 porsies

ISABEL SE BOBOTIE

Resep getoets en foto: Joos Bergh
Hierdie resep kom uit die Wenresepte 3 kookboek.

  • Groep A:
  • 30 ml gemaalde gemmer
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • 15 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 10 ml sout
  • 2 ml peper
  • 60 ml botter
  • 5 middelslag uie, gekap – of minder indien verkies
  • Groep B:
  • 2 snye witbrood in water geweek
  • 1 kg gemaalde maer beesvleis
  • 150 ml pitlose rosyne
  • 60 ml blatjang
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 30 asyn
  • 30 ml Worcestersous
  • 30 ml tamatiepasta
  • Groep C:
  • 375 ml melk
  • 2 eiers
  • vars suurlemoenblare, opsioneel
  • Plaas groep A bestanddele, behalwe smeer en gekapte uie, in ‘n warm swaarboompot en verhit dit goed sonder om te brand.
  • Voeg die smeer by en roer tot gesmelt, voeg die uie by en soteer.
  • Druk die water uit die brood en roer dit saam met die res van groep B se bestanddele by die uiemengsel.
  • Kook die mengsel vir 20 min oor ‘n matige hitte en roer gereeld.
  • Skep die mengsel in ‘n oondbak.
  • Klits die melk en eier saam en giet dit bo-oor die vleismengsel.
  • Rol die suurlemoenblare in ‘n tregtervorm en druk dit hier daar in die mengsel.
  • Bak die bobotie in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir ongeveer 45 minute of tot gestol.
  • Verwyder die blare voor opdiening en bedien met geelrys of slaai en blatjang.
  • Nota: Joos Bergh
  • Ek het hierdie resep gemaak vir 60 gaste op Moedersdag en die resep met 6 verdubbel, baie lekker resep.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page