IRMA SE VANILLA PLAATKOEK
- Klits saam tot romerig:
- 330 ml suiker
- 5 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- Voeg bymekaar in beker en mikrogolf vir 3 min op hoog:
- 165 ml olie
- 500 ml water
- Sif saam:
- 825 ml koekmeel
- ½ teelepel sout
- 30 ml bakpoeier
Voeg oliemengsel by eiermengsel en meng goed.
Voeg die droë bestanddele by en klits net tot goed gemeng.
Skep beslag in ‘n groot pan vir ‘n plaat koek of in twee panne vir ‘n laagkoek.
Bak vir ongeveer 30/40 min by 160°C (vir waaieroonde) en 180°C gewone oond.
Resep en foto: Irma Van Ellewee Swart
Tweede foto: Marika Tegmann