Your Recipe Blog

INPERKINGS SOP 2020

2 Ure
Cook: 1 en halwe Uur

INPERKINGS SOP 2020

Met die mengelmoes van bestanddele is dit raadsaam om ‘social distancing’ toe te pas en tuis te bly, met goeie ventilasie, lock yourself down my friend.

  • halwe pakkie gesplete ertjies
  • halwe pakkie spikkelboontjies (oornag geweek)
  • halwe pakkie bruin lensies
  • 4 hande vol sop mengsel met gort
  • 1 vars groente pak, soos supermark dit verpak (leek, aartappel, 2 groot wortels, seldery, pietersielie
  • 1 groot tamatie
  • 1 bossie preie, ringetjies gekerf
  • 600 g fyn wortel en koolmengsel
  • stowe beesvleis
  • 1 pakkie tamatiepasta
  • wit peper na smaak
  • sout na smaak
  • 8 eetlepels hoenderaftreksel poeier
  • pakkie soppoeier van keuse
  • fyn knoffel na smaak
  • 1 liter gekookde water

Was en rasper alles met skil aan, kap selderyblare en pietersielie fyn.
Braai die gesnyde preie en vleis in bietjie olie in drukkoker se pot.
Voeg dan die ertjies, boontjies, lensies en gort by.
Voeg die kookwater oor en stoom vir 30 minute.
Moenie enige sout byvoeg nie anders bly die boontjies hard.
Gooi die inhoud van die drukkoker versigtig oor in ‘n groot pot.
Voeg die res van die groente bestanddele en geurmiddels by.
Nota:
Dit is baie dik op die stadium (sien foto), maar moenie meer water byvoeg nie, die groente sal water maak soos dit gaar raak.
Bring tot kookpunt en prut dan die sop op baie lae hitte vir een en ‘n half uur en roer gereeld.
Proe nou of geurmiddels en sout reg is.
As jy nog sout byvoeg kook dit vir nog 5 minute.
Laat afkoel en skep uit in bakkies om te vries.
Nota:
Die sop is ekonomies, want jy sal bietjie water moet byvoeg as jy dit later ontvries en warm maak wat jou sop meer maak.

Kaboem! Lekker eet.

Resep en foto: Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page