Your Recipe Blog

INGEMAAKTE SPAGHETTI

INGEMAAKTE SPAGHETTI

  • 3½ kg tamaties
  • 500 g uie
  • 4 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1½ koppies suiker
  • 1 koppie asyn
  • 1 teelepel fyn naeltjies
  • 1 teelepel peper
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 1 eetlepel sout
  • 250 g egte botter
  • 1 pak spaghetti

Kook tamaties tot gaar. Trek die tamaties se skille af en versap.
Kook uie in water tot sag.
Versap saam met tamatie.
Kook spaghetti volgens aanwysings tot gaar maar nie pap nie.
Water af die paste goed af.
Voeg alles bymekaar. Laat deur kook vir ongeveer 10 min.
Bottel warm in voorbereide warm bottels.

Resep en foto: Rina Kleinhans
2de foto:  Venita Van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5