Your Recipe Blog

INGEMAAKTE PIKANTE RISSIES

INGEMAAKTE PIKANTE RISSIES

Ons pikante rissies dra weer goed, en maak die kombuis besig! (peppadews)
Ek lê dit in met ’n mengsel van wit asyn, water, suiker, sout, peperkorrels en wat ek in my kombuiskas raaksien. Geniet hierdie groot werk van skoon maak – maar so die moeite werd.

  • Piekelwater:
  • 2 liter witasyn
  • 1 liter water
  • 3 koppies witsuiker
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel swart peperkorrels
  • 1 eetlepel mosterdsaad
  • paar lourierblare
  • of ‘n klein handvol piekelspeserye

Was en ontpit die pikante rissies.
Kook die asyn, water, suiker en speserye vinnig saam.
Proe aan die sous en maak suurder indien nodig.
Voeg die pikante rissies in die kokende sous en laat vinnig opkook.
Bottel baie warm, seël en laat staan vir ‘n paar weke.

Nota:
As die vruggies te koud gebottel word, dryf dit in die bottels.

Resep en foto: Pheona Marais Kemp

Bettie Theron Olsen- Peppadews
Ek weeg nie, bewerk soos dit ryp word. Ontpit en vul gesteriliseerde bottels met die pikante rissies.
Kook sous van 2 koppies water, 1 koppie asyn, 1 koppie suiker en vul bottels waarin die pikante rissies is.  Bottel warm.
Optioneel: Vul peppadews met fetakaas en volg soos bg.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page