INGELEGTE SAMPIOENE
Resep en foto: Martie Labuschagne
- 1 kg sampioene
- 600 ml witasyn
- 310 ml water
- 10 peperkorrels
- 1 takkie roosmaryn
- ¼ teelepel tiemie
- 5 ml koljanderpoeier
- 5 ml fyn gekapte knoffel
- 5 ml sout
- 2 loerierblare
- 10 ml suiker
- olyfolie
- Vee die sampioene mooi af en hou eenkant.
- Maak ‘n sous in ‘n groot pot met al die bestandele behalwe die sampioene en olyfolie.
- Kook dit saam vir 10 minute.
- Voeg sampioene by en prut vir ongeveer 5 minute op ‘n lae hitte.
- Haal sampioene uit met ‘n gaatjies lepel en plaas in gesteriliseerde bottels.
- Kook die sous verder op stoof vir nog 5 tot 6 minute.
- Giet sous oor die sampioene.
- Verdeel die sous eweredig tussen die bottels.
- Vul die bottels met bietjie olyfolie indien nodig( gewoonlik net ‘n bietjie wat kort).
- Maak bottels toe en laat afkoel.
- Hou in yskas vir ten minste 2 weke voor gebruik sodat die geure kan ontwikkel.
- Hou goed vir 6 maande in die yskas.
Category:

