Your Recipe Blog

INGELEGTE SAMPIOENE

Recipe by
| Servings: 4 x 350 ml

INGELEGTE SAMPIOENE

  • 1 kg sampioene
  • 600 ml witasyn
  • 310 ml water
  • 10 peperkorrels
  • 1 takkie roosmaryn
  • ¼ teelepel tiemie
  • 5 ml koljanderpoeier
  • 5 ml fyn gekapte knoffel
  • 5 ml sout
  • 2 loerierblare
  • 10 ml suiker
  • olyfolie

Vee die sampioene mooi af en hou eenkant.
Maak ‘n sous in ‘n groot pot met al die bestandele behalwe die sampioene en olyfolie.
Kook dit saam vir 10 minute.
Voeg sampioene by en prut vir ongeveer 5 minute op ‘n lae hitte.
Haal sampioene uit met ‘n gaatjies lepel en plaas in gesteriliseerde bottels.
Kook die sous verder op stoof vir nog 5 tot 6 minute.
Giet sous oor die sampioene.
Verdeel die sous eweredig tussen die bottels.
Vul die bottels met bietjie olyfolie indien nodig( gewoonlik net ‘n bietjie wat kort).
Maak bottels toe en laat afkoel.
Hou in yskas vir ten minste 2 weke voor gebruik sodat die geure kan ontwikkel.
Hou goed vir 6 maande in die yskas.
Lewer 4 botteltjies van 350 ml.

Resep en foto: Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page