INGELEGTE PYNAPPELS
Vandag het ek weer n slag iets positiefs gedoen, lanklaas gepost, sit met ‘n bakkers skouer en doen minimum, het 12 pynappels present gekry, ek doen heelwat met pynappels in my beroep.
Ek maak ‘n kerrie pynappelslaai van hom, gebruik in my platters, ook vir my malvaterte en nageregte en ook as vulsel in my flans (randkoeke).
Ek maak ‘n kerrie pynappelslaai van hom, gebruik in my platters, ook vir my malvaterte en nageregte en ook as vulsel in my flans (randkoeke).
- 12 pynappels
- Stroop – kook in verhouding soos volg:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
Skil pynappels.
Sny in lengte in kwarte, haal stronkie in middel uit.
Dan probeer ek al die swart ogies uitsny.
Sny pynappel in blokkies, jou keuse van grootte,
Kook ‘n lekker dik stroop.
- Stroop vir hierdie resep:
- 6 koppies water
- 6 koppies suiker
Ek het op elke 6 pynappels gebruik 3 koppies water op 3 koppies suiker.
Kook saam tot suiker op gelos is, voeg die pynappelsstukke by.
Kook tot pynappels sag is, maar nie pap nie, die kleur verander na ‘n bietjie helder geel.
Bottel warm in gesteriiseerde flessiess.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk