INGELEGTE KOEJAWELS
Eerste koejawels klaar ingelê, nou is ons pê.
My koejawels was 12 kilo’s, maar my stroop vul ek aan.
Met ander woorde ek pak soveel koejawels in stroop soos my kastrol toe laat, kook vinnig, pak in flesse, vul op met warm stroop. Ek kook nie al die koejawels gelyk nie anders pop die pitte uit.
Dan maak ek weer stroop en so gaan ek aan tot die koejawels klaar is. Gebruik maar eie diskresie hoeveel keer jy stroop gaan maak. Hierdie is net die verhouding suiker en water vir ‘n medium stroop.
- koejawels
- 2 koppies water
- 1 koppie suiker
Kook stroop van die water en suiker terwyl jy roer om suiker op te los.
Sit koejawels in die stroop, pitte na bo, ek sit net genoeg in dat die boom van die kastrol bedek is, laat vinnig kook.
As pitte lyk of dit bo wil uitstoot, kan jy maar bottel in skoon en warm bottels en deksels.
Skep koejawels uit in gesteriliseerde potte, skep stroop in en steek ‘n lang stokkie versigtig aan die kante in om ligborretjies uit te kry, draai toe, vee die bottel skoon en laat afkoel.
Nota:
My flesse was ons skoon, steriliseer dit in my oond op 70 ºC vir ‘n ½ uur.
Resep en foto: Alta Gunter van Wyk.