INGELEGTE GEMMERSTUKKE
- 200 g vars gemmerwortel
- 300 g suiker (± 1½ koppie)
- 600 ml water
Vries gemmer oornag.
Skil dun af en sny in 5 mm skyfies.
Bedek met water en prut stadig vir 1 ½ tot 2 ure tot sag.
Dreineer die stukke, maar behou die vloeistof.
Meng 300 ml van die vloeistof met suiker en roer tot suiker opgelos is.
Bring stroop stadig tot kookpunt en kook 20 tot 30 min tot dikkerige stroop. *(Moenie die stroop roer nie)
Voeg gemmerstukke by die stroop en kook weer stadig vir ± 20 tot 30 min tot stukke glansend is.
Bottel warm en verseël.
Nota:
Dit het ‘n redelike skerp gemmer smaak. Kook die gemmer twee of drie keer in skoon water voor jy dit in die stroop kook, as jy die smaak minder skerp wil hê.
Resep en foto: Hannetjie Langenhoven
IDEES VIR DIE GEBRUIK VAN GEMMER:
Frances Van Niekerk:
Ek het eendag van die gemmer water gemeng met blokkies gekookte appels. (Amper soos Melon and Ginger Jam geproe)
Ek het ook gemmer potpoeding op die stoof gemaak en bietjie van die gemmer water gebruik om die geur sterker te maak.
Baie fyn gekapte “stem ginger” in my gemmer brood gesit.
Klein vetkoek balletjies gemaak (met bakpoeier) soos puff puff. En in stroop gesit soos koeksisters. Het ook die gemmer stroop gebruik.
Klein stukkies in vrugtebrood gesit (raisin bread).
Hannetjie Langenhoven:
Die stroop kan jy gebruik in koeldrank, drankies, oor roomys en slaaie, sal seker ook help vir hoes, hoewel dit baie soet is.
Die stukke kan in enige soet gebak gebruik word waarin gemmer as bestanddeel is, soos vrugtekoeke, gemmerbrood, gemmertert. Daar’s baie gebruike voor.
fantastiese resepte wat WERK!