INGELEGDE TAAIPIT GEELPERSKES
Nou toe nou as ‘n geelperske ‘n geluid kon maak, dan sal ek ook na dese daai geluid maak. My ingelegde geel taaipit perskes het tog te mooi gekom.
- 3 kg ontpitte en gehalveerde geelperskes
- 1.5 liter water
- 1 kg suiker
- kaneelstokkie
- rooirissies, opsioneel
Water en suiker word saamgevoeg en tot kookpunt gebrind terwyl dit geroer word sodat die suiker kan oplos.
As die suiker opgelos is, bring die mengsel tot kookpunt en voeg die perske asook ‘n kaneelstokkie by.
Kook vir ‘n verdere 20 minute en bottel terwyl dit warm is in gesteriliseerde flesse.
Nota:
Ek het in sommige flesse ‘n stukkie rooirissie gesit vir ‘n bietjie ekstra kleur en geur.
Ons gebruik kleinerige flesse sodat as ons een oopmaak dan word dit sommer opgeeet.
Die sous wat oorgebly het, het ons gebottel en gaan lekker wees saam met enige gekerfde vars vrugte of roomys.
Foto en resep: Gideon Louw