INGELEGDE SUURLEMOENSKYWE
- suurlemoene
- suiker
- sout
- suiwer suurlemoensap
Week die suurlemoene in sout water vir ongeveer twee ure om dit mooi skoon te kry.
Sny dit in dun skywe, halveer die skywe en ontpit. Pak dit laag vir laag in gesteriliseerde bottels.
Ek spoel my bottelss uit met kook water.
Na elke laag suurlemoenskywe, strooi ‘n bietjie suiker en sout oor en pak die volgende laag tot die bottel vol is. Druk lekker vas en vul die bottel op met 100 % suurlemoensap. Seël met deksels wat dig seël.
Ek hou dit in die yskas, maar is nie nodig nie. Gebruik dit in my kook kos, net so en in my drink water. Help met gewig verloor en is gesond.
Dit is heerlik.
Resep en foto: Toeka Bekker