Your Recipe Blog

INGELEGDE SUURLEMOENE

INGELEGDE SUURLEMOENE

Ek het verlede week gevra vir ‘n resep met suurlemoene. Ons het vanaand dit saam met die gebakte snoek geëet. Heerlik anders! My huis mense was gek daaroor.

  • 8 suurlemoene
  • 3 – 5 koppies suiker
Was jou suurlemoene deeglik met ‘n sponsie of groenteborsel.
Sny suurlemoene in dun ronde skyfies of halwe sirkels.
Plaas skyfies opmekaar (‘n halwe suurlemoen) in ‘n gesterileerde bottel. Strooi tenminste 3 – 5 eetlepel suiker oor.
Herhaal suurlemoenskyfies en suiker tot bo en druk inhoud af in bottel soos jy bottel volmaak.
As bottel vol is, draai deksel op en sit in die yskas.
Die suurlemoene se sap en suiker vorm outomaties ‘n stroop.
Gebruik soos nodig.

Heerlik saam met roosterbrood, peri-peri hoender of vis.

Resep getoets en foto:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page