INGELEGDE SUURLEMOENE MET KERRIE EN CHAKALAKA
Die produk op die foto staan nou al vir meer as ‘n jaar. Hoe langer dit staan hoe meer intens word die geur. As jy ‘n ernstige situsvraat soos ek is, sal jy die spulletjie in ‘n voedselverwerker sit. Voeg so ‘n lepelvol by kerrie disse of gebruik soos ‘n chutney.
- suurlemoene
- kosher sout
- kerriepoeier
- vars koljander
- komyn, opsioneel
- loerierblare
- chakalaka, indien verkies
- olie, van jou keuse
Verwyder die was van gekoopte suurlemoene deur dit goed af te was.
Sny dit soos jy daarvan hou en gebruik 1 eetlepel kosher sout per suurlemoen (ander sout bevat Jodium).
Pak die gesoute suurlemoene in ‘n bottel of plastiek emmertjie en besprinkel met jou gunsteling kerrie.
Plaas vars dhanya (coriander) tussen elke lagie.
Djeera (cumin) verdiep die smaak as jy daarvan wil bysit.
Sit ook ‘n paar lourierblare by.
Ek het die Chakalaka met die mielies gebruik om ook tussen die lae te pak.
Drup ook olie van jou keuse tussen die lae.
Draai die bottel toe en laat staan. Ek raai aan dat jy dit die eerste drie dae teen kamertemperatuur los en daarna in die yskas laat verouder.
Na twee weke sal dit al lekker smaak, maar na drie maande is dit eintlik baie lekkerder.
Hoe ouer dit word hoe beter. Jy kan knoffel en chilies byvoeg as jy wil.
Resep en foto: Fesia Uota