Your Recipe Blog

INGELEGDE SPINASIESTINGELS

INGELEGDE SPINASIESTINGELS

Resep en foto: Renate Visser
Ek het Swiss Chart stingels ingelê. My kinders het dit behoorlik geniet.

  • 500 g swiss chart of spinasiestingels, opgesny
  • 2 uie, opgesny
  • ½ koppie witasyn
  • ½ koppie water
  • ½ koppie witsuiker
  • 1 eetlepel kerriepoeier (ek het medium gebruik)
  • 1 teelepel sout
  • 3 eetlepels Maizena
  • Kook stingels en uie tot sag, maar nie pap nie.
  • Dreineer die water en voeg die asyn, suiker, water en sout by.
  • Verdik met Maizena wat in ‘n bietjie water opgelos is.
  • Kook goed deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page