Your Recipe Blog

INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING

INGELEGDE PEPPADEWS MET HEUNING

Peppadews is in 1993 in die Oos Kaap ontdek. Dit is ‘n eg Suid Afrikaanse plant. Sy index op die
“scoville scale” 1177.

  • 2.5 liter wit druiwe asyn
  • 250 ml heuning
  • 5 ml sout
  • 2.5 kg suiker
  • 50 g “pickle spice” (1 pakkie)
  • peppadews

Vir die stroop:
Voeg al die bestanddele saam behalwe die peppadews.
Kook oor lae hitte tot ʼn stroop.
Kook nou die stroop baie vinning en gooi genoeg peppadews in, alles moet met stroop bedek wees.
Kook vir slegs 5 minute.
Belangrik MOET nie meer as 5 minute kook nie, dan word die peppadews pap.
Skep in skoon bottels met deksels.
Maak seker dat die bottels behoorlik vol is met die kokende stroop.
Verseël goed.
Laat ‘n paar dae rus.

Bron en foto: Johan Du Preez Snr

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page