Your Recipe Blog

INGELEGDE NOEDELSLAAI

INGELEGDE NOEDELSLAAI

Sommer ook vroulief se ingelegde noedelslaai van vandag.

  • 350 ml asyn
  • 300 ml olie (kook of olyf)
  • 2 koppies suiker
  • ½ kg uie, gekap
  • 1 kg tamaties, ontvel en gekap
  • 2 soetrissies, gekap (enige kleur) die was ‘n rooie en ‘n groene
  • 200 ml mayonnaise
  • 500 g skroefies noedels
  • 2 eetlepels Aromat
  • 1 eetlepels rissievlokkies
  • 1 eetlepels Italian herbs
  • 1 eetlepels Tobasco sous
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel swartpeper
  • 2 eetlepels fyn knoffel

Kook die noedels vir 10 tot 12 min en gooi water af en laat dreineer.
Kook die eerste ses bestanddele saam vir 20 min.
Voeg dan alle ander bestanddele by en kook vir 5 min en bottel in gesteriliseerde flesse terwyl dit warm is.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page