INGELEGDE LIETSJIES
Ek het die resep 3 maal aangemaak en 6 bottels volgemaak soos op die foto. Was van 2 Checkers sakke vol wat ek as geskenk gekry het.
- ongeveer 2 winkelsakke vol lietjies
- Kook ‘n stroop van:
- 200 g suiker
- 500 ml water
- die sap wat opgevang is
Haal die doppe van die lietjies af oor ‘n bak om die sap op te vang.
Sit lietjies in die gekookte stroop en laat net opkook.
Skep die lietjies in warm gesteriliseerde flesse en vul met kokende stroop.
Verseël flesse en draai halwe draai los.
Plaas flesse in waterbad en steriliseer 20 minute teen 90 ºC.
Haal uit en skroef goed toe. Draai op die deksels om af te koel.
Resep en foto: Danie Reyneke