Your Recipe Blog

INGELEGDE KWEPERS

INGELEGDE KWEPERS

Vroulief het gistraant vir ons die kwepers ingelê ek was skiller en sy die koker en ons was saam die ammapotters.

  • 2 kg geskilde en gesnyde kwepers
  • 1 liter water
  • 1 kg suiker
  • 4 steranys sade/peule
  • sap van een suurlemoen

Skil die kwepers en haal die harde kern met pitte (klokhuis) uit en sny dit in kwarte en plaas in ‘n bietjie water met suurlemoensap terwyl jy die ander skil, anders raak dit gou bruin.
Verhit die water in die resep en voeg suiker by sodat die suiker kan oplos.
Voeg die kwepers en steranys by en bring tot kookpunt, voeg die suurlemoensap by.
Laat kook vir 45 tot 60 minute tot pink, ferm en amper sag maar nie pap.
Bottel in gesteriliseerde flesse en maak die flesse vol met sous, maak dig toe.
Djeeeerlik saam met varkvleis, vla of roomys.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page