Your Recipe Blog

INGELEGDE KWEPERS MET MEER SUIKER

INGELEGDE KWEPERS MET MEER SUIKER

“Ons het vandag ‘n paar kwepers ingelê en is baaaie lekker. Daar het ‘n bietjie sous oorgebly wat ons saam met roomys geëet het en dit was baaaaie lekker.”

  • 1½ kg suiker
  • 1 liter water
  • 2 kg kwepers, geskil en ontpit en in stukke gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 stêranys sade

Los die suiker op in die water en bring dit tot kookpunt.
Voeg die kwepers, suurlemoensap en stêranys sade  by.
Kook alles stadig saam vir ‘n uur en bottel dit warm in gesteriliseerde flesse.
Moenie die anyssade in die flesse plaas nie.

Wenk:
Ek het ‘n bietjie meer suiker en minder water gebruik omdat kwepers nie eintlik soet is nie en daar bly altyd sous oor.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page