Your Recipe Blog

INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER

INGELEGDE KOEJAWELS MET GEMMER

Ek het vandag ‘n paar wit koejawels ingelê.

  • 20 wit koejawels
  • 1 liter water
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel sout
  • 1 stukkie gemmer

Sny koejawels middeldeur in die breedte. Hierdie is nie geskil nie.
Kook die water saam met die suiker, sout en gemmer.
Sodra die water opkook, sit die koejawels in die kookwater.
Sodra dit begin kook, haal die koejawels uit en bottel in skoon, warm flesse. Seël dadelik.

Nota: Ek wou nie die koejawels té sag of té soet hê nie.

Foto: Mariette Heydenrych-Kotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5