INGELEGDE KERRIEVIS
- Vis:
- 2 kg vis van jou keuse
- sout en peper na smaak
- koekmeel
- kookolie
Sny vis in mote en strooi sout en peper oor.
Rol in koekmeel, pak op skinkbord en laat ‘n halfuur rus in die yskas.
Verhit olie in ‘n pan en braai vis eerste met vel kant na onder.
Braai tot gaar en hou eenkant.
- Sous:
- 5 tot 6 uie, in ringe gesny
- 375 ml suiker
- 30 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 10 ml fyn sout
- 2,5 ml koljander korrels
- 8 steranys sade
- 2 stukke Cassia kaneel (kaneelstokkies)
- 30 ml gemmer
- 750 ml bruinasyn
- 250 ml wynasyn
- 250 ml water
- 5 vars suurlemoenblare of lourierblare
Braai uieringe tot sag.
Kook die gebraaide uie en die res van die bestanddele saam vir 20 minute.
Pak vis in lae in ‘n glasbak en skep sous oor elke laag vis.
Bedek met kleefplastiek en laat heeltemal afkoel.
Plaas in yskas en laat staan vir drie dae.
Dit is dan reg om te eet maar bly lank vars in yskas.
Resep en fotos: Martie Labuschagne