INGELEGDE KERRIEVIS
Resep en fotos: Martie Labuschagne
- Vis:
- 2 kg vis van jou keuse
- sout en peper na smaak
- koekmeel
- kookolie
- Sny vis in mote en strooi sout en peper oor.
- Rol in koekmeel, pak op skinkbord en laat ‘n halfuur rus in die yskas.
- Verhit olie in ‘n pan en braai vis eerste met vel kant na onder.
- Braai tot gaar en hou eenkant.
- Sous:
- 5 tot 6 uie, in ringe gesny
- 375 ml suiker
- 30 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 10 ml fyn sout
- 2,5 ml koljander korrels
- 8 steranys sade
- 2 stukke Cassia kaneel (kaneelstokkies)
- 30 ml gemmer
- 750 ml bruinasyn
- 250 ml wynasyn
- 250 ml water
- 5 vars suurlemoenblare of lourierblare
- Braai uieringe tot sag.
- Kook die gebraaide uie en die res van die bestanddele saam vir 20 minute.
- Pak vis in lae in ‘n glasbak en skep sous oor elke laag vis.
- Bedek met kleefplastiek en laat heeltemal afkoel.
- Plaas in yskas en laat staan vir drie dae.
- Dit is dan reg om te eet maar bly lank vars in yskas.
Category:














