Your Recipe Blog

INGELEGDE KERRIEKOOL

Cook: 20 minute | Servings: 3 medium flesse

INGELEGDE KERRIEKOOL

Ek het vandag na 18 jaar weer my oorlede skoonma, Gerrie Jacobs, se ingelegde kerriekool gemaak. In my opinie is dit lekkerder as kerriebone, maklik en goedkoop om te maak ook. En absoluut heerlik as ‘n koue slaai saam met braaivleis.

  • 1 groot kopkool, in blokke gesny
  • 1 groot aartappel, in klein blokkies gesny
  • 1 eetlepel sout
  • kookwater om alles te bedek
  • Sous:
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 3 eetlepels kerriepoeier na smaak, soveel as verkies
  • 1 teelepel Breyani masala
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel sout na smaak
  • 75 ml suiker
  • 100 ml asyn

Kook die kool en aartappel tot sag in die sout en water.
Dreineer deur ‘n vergiettes en maak seker al die water is goed gedreineeer uit die kool en aartappel.
Plaas die kool en aartappel terug in die pot en druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker.
Meng die sousbestanddele saam en roer dit deur die fyn kool- en aartappelmengsel.
Kook die mengsel vir 20 minute op ‘n lae-medium hitte.
Bottel die kerriekool warm in gesteriliseerde bottels en seël.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page