INGELEGDE KERRIE BOONTJIES
Resep en foto: Susanna Kruger
Dis nou nie aandete nie. Ek het nou kerrie boontjies ingelê.
- 1 kg gekerfde groenboontjies
- 500 g gekerfde uie
- 15 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 15 ml Maizena
- 375 ml asyn
- 1 koppie suiker
- 10 ml sout
- 5 ml mosterdpoeier, opsioneel
- Kook boontjies en uie tot sag en dreineer.
- Meng kerriepoeier, borrie, mosterdpoeier en maizena saam met bietjie water.
- Kook asyn en suiker saam tot opgelos.
- Roer kerriemengsel by die asynmengsel, indien jy dikker verkies voeg nog bietjie Maizena by nie te veel nie.
- Voeg die boontjies en uie by die kerrie- en asynmengsel, meng goed deur en prut vir paar minute.
- Skep in gesteriliseeede bottels.
- Laat afkoel en plaas in yskas
Ek het net 1 bottel en nog bietjie uitgekry.
Ek verkies om alles in my yskas te plaas.
Category:












