INGELEGDE HALWE NARTJIES OF LEMOENE
Vandag vir die eerste keer halwe nartjies gedoen. Het al die lemoene gedoen. Werk presies dieselfde, nartjies net moeiliker omdat die skille sagter is. Pak baie moelik, maar heerlik. Nartjies en lemoene dieselfde resep.
- Halwe Nartjies:
- 4 kg klein nartjies
- 1 eetlepel koeksoda op 3.4 liter water
Sny die klein nartjies in halwes. Lê in skoon water vir 2 dae.
Dreineer die water af en sit weer skoon water op vir nog 1 dag.
Na 3 dae – maak seker nartjies is mooi skoon en alle stingeltjies en merkies is afgesny.
Plaas in skoon kookwater met koeksoda in en kook die halwe nartjies tot die skilletjies sag is.
Sodra agterkant van vuurhoutjie maklik kan ingaan in die skil, is dit gereed.
Hou die nartjies in die kookwater tot die stroop gereed is.
- Stroop:
- 4 liter water
- 3 kg suiker
- sap van 3 suurlemoene – ongeveer 12 eetlepels
- knippie sout
Kook die water en voeg die suiker by. Kook op stadige hitte tot die suiker opgelos is.
Meng die sap van die suurlemoene en die sout by. Draai die hitte op.
Sit nou die warm nartjies wat nog in kookwater lê (ek skep myne sommer met my meelsif uit) in kokende stroop en kook tot nartjies mooi en deurskynend is.
Hoe vinniger dit kook, hoe ligter sal die kleur wees.
Doen die koue pieringtoets om dikte van stroop te bepaal.
Kooktydperk ten minste een uur of tot jou stroop reg toets en die nartjies deurskynend is.
Bottel warm en draai dadelik die proppe op.
Resep en foto: Hilda Harvie