Your Recipe Blog

INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS OF GROENTE

INGELEGDE ENGELSE KOMKOMMERS OF GROENTE

Resep  en foto: Renate Visser

Ek het Engelse komkommers ingelê. Hulle gerasper en toe in gesteriliseerde bottels geskep. Hierdie “sous” gebruik ek ook wanneer ek peppadews inlê.

  • 1 koppie water
  • 1 koppie witasyn
  • 1 koppie suiker
  • komkommers

Rasper die komkommers.
Maak ‘n sous van die water, witasyn en suiker.
Laat oor stadige hitte kook totdat die suiker opgelos is.
Kook nou vir 5 minute teen baie hoë hitte.
Giet nou die warmsous oor die komkommers in die bottels.
Bottel warm.

Nota:
Nie nodig om die komkommer se water af te dreineer nie.

Wenk en resep: Elrika Lesch
Ek wil net graag ‘n opmerking aan hierdie dame maak wie se foto hierdie is.

  • 1 koppie water
  • 1 koppie asyn
  • 1 koppie suiker
  • 2½ ml sout
  • 2½ ml peper

Verhit tot suiker gesmelt. Giet warm oor die voorbereide groente.
Laat staan op die deksel oornag of tot afgekoel.

Nota:
Gaar beet, heel of blokkies, of skywe, agurkies, komkommer skywe, komkommer gerasper, gesnyde uie, peppadew, gaar wortels en uie, bykans alles kan op die manier gebottel word.
Alles wat jy wil bottel vir die vakansie Ek gebruik gebottelde uie op braaibroodjies.
Liggies gaar gemaakte blomkool, brokkoli, uie en wortels in hierdie sous is ook heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page