INGELEGDE BRANDEWYN APPELKOSE
Ek het die appelkose in brandewyn ingelê.
- ± 2.5 kg appelkose (ek het appelkose gebruik tot die mengsel op is)
- 1 kg suiker
- 750 ml brandewyn
Spoel die ryp appelkose af.
Halveer en verwyder die pitte.
Los die suiker op in die brandewyn.
Pak die appelkose in gesteriliseerde flesse en vul dit met die brandewyn mengsel.
Sorg dat die lug alles uit is en dat die appelkose lekker styf ingedruk is in die fles.
Laat staan vir 2 maande, eet die appelkose saam met roomys en drink die sous as ‘n appelkoos likeur.
Resep en foto: Gideon Louw