INGELEGDE APPELS
Granny smith en Pink Lady appels werk net so goed, maar ek het geelskil aartappels gebruik.
- 20 appels ontpit, geskil en in skyfies gesny
- 2,5 liter water
- 360 ml suiker
- soutwater vir die gesnyde appels
Plaas die geskilde, gesnyde appels in soutwater, terwyl jy die res doen, om te verhoed dat dit verkleur.
Plaas die water en suiker in ‘n groot genoeg pot op die stoof en verhit stadig totdat al die suiker heeltemal opgelos is.
Bring tot kookpunt en voeg die appels by die suikerwater.
Kook die appels vir 10 minute in die stroop.
Skep die appels en stroop in gesteriliseerde flesse en seël die flesse met die gesteriliseerde deksels.
Maak seker dat jy die appels lekker styf inpak, anders dryf dit bo op die stroop in die bottel, en lyk nie baie mooi nie.
Resep en foto: Martie Labuschagne