INDIESE SKAAPKERRIE
- 30 – 45 ml olie
- 1 kg skaap/lamskenkels
- 1 ui, in ringe gesny
- 30 ml knoffel, fyn gesny
- 15 ml vars gemmer, fyn gesny
- 3 – 4 aartappels, in kwarte gesny
- Speserymengsel:
- sout en peper na smaak
- 25 ml breyani-masala
- 10 ml fyn komyn
- 15 ml breyani heel speserymengsel
- 30 ml matig of sterk kerriepoeier
Verhit olie in kastrol en braai uie tot sag.
Voeg knoffel en gemmer by asook spesery-mengsel. Sorteer so 1 minute lank.
Voeg vleis by asook 750 ml tot 1 liter water. Laat stadig prut tot vleis amper sag is.
As die vleis amper sag is, voeg die aartappels by.
Laat stadig prut tot vleis sag is en die aartappels gaar.
Bedien saam met ‘n stysel van jou keuse.
Resep en foto: Amanda Austen