INDIESE RYS EN MAALVLEIS
Baie warm hier en ek het na iets gesoek wat vinnig gaar word. Grawe toe die resep van my ma uit en was dit nou heerlik! Ek was net 10 minute voor die stoof. Ek het hom hier en daar verander, maar dis die voordeel van huiskok wees!
- 500 g maalvleis
- 2 rooi uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 2 rissies, ontpit en gekap
- sout en peper
- ¼ teelepel elk van garam masala, fyn komyn, fyn koljander en kerriepoeier
- 2 koppies gaar rys
- 500 g gevriesde ertjies
Braai uie in olie tot sag, voeg knoffel, rissies, sout, peper en speserye by en braai deur.
Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die gaar rys en ertjies by. Roer goed deur.
Draai hitte af tot laagste en laat vir 5 min stowe tot ertjies warm is.
Bedien met mengelslaai.
Foto en resep: Susan Snyman La Grange