INDIESE LAMSKERRIE MET NAAN
- lamskenkels (ongeveer 500 g)
- Robertsons paprika, growwe swart peper, gemmer en koljander na smaak
- blatjang na smaak
- 2 teelepels tamatiepaste
- 125 ml klappermelk
- 1 knoffelhuisie
- 2 wortels, in blokkies gesny
- 4 klein aartappels, blokkies gesny
- 1 ui, gekap
- 1 koppie groenboontjies, gekerf
- ½ teelepel kerriepoeier of -paste, na smaak
In die prutpot (slow cooker) gemaak soos ‘n stew.
Ek het op ± 500 g lamsvleis (mal oor Indiese kos, so ek gaan na smaak) uie gebraai, die lam bygesit en ook lekker gebruik. In die prutpot gesit met bietjie water vir paar uur met alle droë bestanddele (gemmer, knoffel, koljander, paprika en borrie, sout en peper), lam laat sag kook op hoog.
Meng die klappermelk, tamatiepaste, blatjang en kerriepaste, hang af van hoe sterk jy van jou kerrie hou. Sit al die groente bo-op die vleis in die prutpot en voeg die klappermelkmengsel by die vleis, kook verder op hoog tot alles sag en gaar is. Toets vir sout en pas aan indien nodig.
- NAAN:
- 1 teelepel suiker
- 2 teelepels kitsgis
- 1 teelepel sout
- 3 koppies koekmeel
- 1 ½ koppie warm water
Meng al die bestanddele goed saam, laat rys vir 30 min.
Knie af en vat klein bolletjies, plaas op meelbestrooide oppervlak, rol so dun as moontlik uit.
Braai in non stick pan soos pannekoek, maar geen olie nie.
Nota:
Doop daai outjies (die naan) in die sousie en geniet.
Bykos was kool, gebraai in knoffel botter.
Foto en Resep: Ina Du Toit Rautenbach