INDIESE KERRIE MAALVLEIS
- 30 ml olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffel huisies, fyn gesny
- 5 ml vars gemmer, fyn gesny
- 20 ml masala
- 7 ml borrie
- 5 ml fyn koljander
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml garam masala
- 3 ml rissiepoeier
- 1 lourierblaar
- 1 heel kaneelstok
- 500 g maalvleis
- 125 ml blatjang
- 1 groot tamatie, ontvel en fyn gekap
- 2 wortels, in klein blokkies gesny
- 2 aartappels, in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 125 ml vleisaftrekstel
Verhit die olie in ‘n swaarboom kastrol.
Braai die ui, knoffel en gemmer daarin tot sag en geurig.
Voeg die speserye by en roerbraai ‘n verdere minuut lank.
Voeg die maalvleis by en braai totdat dit amper verbruin het.
Voeg die blatjang, tamatie, aartappel blokkies en wortel blokkies by en geur met sout en peper.
Giet die aftreksel by.
Bedek en laat prut tot groente sag is.
Roer af en toe.
Bedien saam met vetkoek of saam met rys.
Resep en fotos : Amanda Austen