INDIëR BOTTERKOEKIES
- 500 g botter
- 2 eetlepel kookolie
- 2 koppie mielieblom (Maizina)
- 3 koppies koekmeel, gesif (voeg nog by indien nodig)
- 1 ¼ koppies versiersuiker (icing sugar)
Smelt botter tot sag.
Voeg olie en versiersuiker by en klits goed deur.
Voeg die mielieblom by en klits goed.
Voeg die gesifte meel een koppie op ‘n slag by totdat deeg ‘n sagte deeg vorm wat uitgerol kan word om vormpies uit te druk.
Bak by 160˚C vir so 10 min totdat koekies se rante bruin word.
Note:
Die koekies smelt in jou mond.
Kan versier met gesmelte sjokolade en eetbare “glitter”.
Foto en resep : Frances Smith