Your Recipe Blog

ILZE SE SAMPIOEN-, KAAS- EN MAALVLEISKOOLROLLETJIES

Recipe by
Cook: 30 min.

ILZE SE SAMPIOEN-, KAAS- EN MAALVLEISKOOLROLLETJIES

Dit is ook ‘n randrekker in my opinie (dit gebruik die harde koolblare en los al die sagte kool vir ‘n volgende ete of slaai), maar meer belangrik, dit smaak ongelooflik lekker! En dis lae koolhidrate – so as jy nie die koolhidrate tel nie, sal dit heerlik smaak saam met rys of kapokaartappels.

  • 8 – 10 heel koolblare
  • 1 ui, gekap
  • 1 rooipeper, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 200 g sampioene, in skyfies gesny
  • sout en peper, na smaak
  • 10 ml olie
  • 3 eetlepels roomkaas
  • 80 g bloukaas (kan vervang word met enige kaas)
  • 1 blikkie geroomde sampioene
  • 125 ml room
  • 1 koppie kaas, gerasper

Plaas 2 – 3 koolblare op ‘n slag in ‘n pot met kokende water vir 1 – 2 minute.
Haal uit, droog af en sny die groot aar se hardste deel uit elke blaar.
Braai ui en rooipeper vir vyf minute tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg sampioene by en braai nog sowat vyf minute.
Roer roomkaas en kaas deur en geur met sout en peper.
Verdeel mengsel tussen die koolblare en vou toe in pakkies.
Pak dit in ‘n gesmeerde oondbak, meng die blikkoe geroomde sampioene en room saam, en gooi bo-oor.
Gooi gerasperde kaas bo-op, en bak by 180 °C vir 30 minute.

Resep en fotos: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page