Your Recipe Blog

ILZE SE MAANDAGAAND LAMSPOT

Recipe by
Cook: 8-10 hours

ILZE SE MAANDAGAAND LAMSPOT

‘n Heerlike aandete vir ‘n koue aand wat ek die vorige aand voorberei, en dan net in die prutpot sit voordat ek skool toe gaan. Boudtjops sal ook werk as jy nie skenkels het nie. Ek bedien dit met fyn blomkool om dit laag in koolhidrate/keto te hou, maar enige iets om die lang sous mee te eet, is heerlik.

  • 4 lamskenkels of lamsboudtjops
  • 1 eetlepel vleisspeserye, sout en peper
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 125 ml rooiwyn
  • 1 blikkie gekapte tamaties
  • 2 eetlepels gekapte vars roosmaryn
  • 1 eetlepel gekapte vars tiemie
  • 1 eetlepel Worcerstershire sous
  • 1 koppie hoender/beef aftreksel
  • 1 koppie bevrore groenboontjies
  • ½ -1 koppie ertjies (vervang met ‘n groot gekapte murgpampoen as jy streng low carb/keto is)

Bestrooi die skaapvleis met die speserye en braai alkante in ‘n pan totdat dit bruin is.
Plaas die uieringe onder in die prutpot bak en voeg dan die res van die bestanddele (behalwe die groente) by.
Kook vir 8 tot 10 ure op die lae stelling.
Voeg die groente by en kook dan ‘n verdere 1 uur op die hoë stelling.
Bedien met fyn blomkool, kapokaartappel, rys of stampmielies.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page