ILZE SE KETO BOBOTIE
- Vleismengsel:
- 25 ml olyf /avokado oli
- ½ ui, gekap
- 2 teelepels kerriepoeier
- 2 teelepels borrie
- 750 g maalvleis
- 2 eetlepels lae koolidraat appelkoos blatjang of versoeter na smaak
- 3 eetlepels “almond/sunflower” meel of 2 teelepel klappermeel
- sout en peper na smaak
- Vla bo-laag:
- 200 ml room (of klapperroom as jy suiwelvry is)
- 2 eiers
- 1 teelepel borrie
- ½ teelepel sout
- 3 loerierblare
Braai die uie in die olie tot deurskynend.
Voeg die speserye by en braai nog 3-4 minute.
Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg die blatjang/versoeter en meel by en kook nog ‘n paar minute tot die mengsel verdik het.
Skep in ‘n 30 cm x 10 cm x 7 cm oondbak.
Meng die vla bestanddele saam en giet bo-oor die vleismengsel.
Steek die loerierblare in die mengsel in en bak vir 40 minute by 180°C tot goudbruin.
Resep en foto: Ilze Jacobs