ILZE SE KERRIEHOENDER SOSATIES
- 8 ontbeen en ontvelde hoenderdye
- 8 sosatiestokkies
- ½ groen soetrissie, in groterige blokke gesny
- 1 ui, ringe afgetrek en elke ring in kwarte gesny
- Sous:
- 100 ml canola olie
- 3 eetlepels kerriepoeier
- 1 teelepel borrie
- 1 teelepel paprika
- 4 eetlepels asyn
- 2 eetlepels suiker
- 1 eetlepel sout
Sny (ek knip dit sommer met ‘n sker) die hoender in so 3 x 3 cm (of so groot soos jy wil) stukke.
Meng die sous bestanddelei in ‘n groot glasbak.
Voeg hoender by en roer deur. Laat staan in yskas vir ‘n paar uur of oornag.
Week stokkies in water vir ‘n uur, en ryg dan ui, hoender en soetrissie afwisselend op ‘n stokkie.
Braai of maak gaar na smaak.
Resep en foto : Ilze Garbers Jacobs