ILZE SE KARRINGMELKBESKUIT
- 8 koppies koekmeel (of 6 koppies koekmeel en 2 koppies bruinbroodmeel of Nutty Wheat)
- 500 ml Rice Crispies (of enige pap), effens fyn gedruk
- 6 teelepels bakpoeier
- 400 ml suiker
- 1 ½ teelepels sout
- 400 ml gesmelte botter/margarien
- 3 eiers
- 250 ml karringmelk/jogurt
- 250 ml suurroom
- ongeveer 100 – 200 ml melk (na gedagte, net om alles nat te maak en deur te meng)
Meng droë bestanddele in ‘n mengbak saam. Meng gesmelte botter met eiers, karringmelk en suurroom in ‘n aparte houer. Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng deur. Voeg melk bietjie vir bietjie by totdat al die meel geinkorporeer is (dit is ‘n baie dik en taai deeg).
Skep in 3 gesmeerde brood panne, maak plat bo-op en bak 1 uur by 180ºC.
Laat afkoel, sny die beskuit in skywe en dan vingers en droog uit oornag by 90ºC.
Laat beskuit afkoel en pak dit in ‘n lugdigte houer.
Resep gepos deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs