ILZE SE KARRINGMELKBESKUIT
Resep gepos deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs
- 8 koppies koekmeel (of 6 koppies koekmeel en 2 koppies bruinbroodmeel of Nutty Wheat)
- 500 ml Rice Crispies (of enige pap), effens fyn gedruk
- 6 teelepels bakpoeier
- 400 ml suiker
- 1 ½ teelepels sout
- 400 ml gesmelte botter/margarien
- 3 eiers
- 250 ml karringmelk/jogurt
- 250 ml suurroom
- ongeveer 100 – 200 ml melk (na gedagte, net om alles nat te maak en deur te meng)
- Meng droë bestanddele in ‘n mengbak saam. Meng gesmelte botter met eiers, karringmelk en suurroom in ‘n aparte houer.
- Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng deur.
- Voeg melk bietjie vir bietjie by totdat al die meel geinkorporeer is (dit is ‘n baie dik en taai deeg).
- Skep in 3 gesmeerde brood panne, maak plat bo-op en bak 1 uur by 180ºC.
- Laat afkoel, sny die beskuit in skywe en dan vingers en droog uit oornag by 90ºC.
- Laat beskuit afkoel en pak dit in ‘n lugdigte houer.
Category:












