ILZE SE DUBBELSJOKOLADE KETO KOEKIES
Die resep is vir almal wat suiker (en koolhidrate) uitsny, of verminder, maar nog steeds lus is vir iets soets…soos ek! Veral saam met ‘n koppie koffie. Hierdie is dubbelsjokolade koekies – en hulle is so lekker dat mens nie kan glo daar is nie suiker in nie! So Keto-ers, Lae Koolhidraters, Diabete en enige iemand tussen-in…dié resep is vir julle 😃.
- 1½ koppie (375 ml) amandelmeel
- ½ koppie erythritol/xylitol (of suikervervanger van jou keuse)
- ½ koppie botter, gesmelt
- 1 teelepel vanilla-geursel/pasta
- ½ teelepel koffiepoeier
- 2 eetlepels kakao
- 1 eier
- 3 blokkies 85% kakao-sjokolade, in klein stukkies gesny
Meng die meel en kakao saam in ‘n mengbak.
Klits botter, eier, vanilla, koffiepoeier en suikervervanging saam tot goed gemeng.
Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Laat staan vir drie minute, en roer dan die sjokolade stukkies deur.
Verdeel in 12 balletjies, en plaas op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Druk elke balletjie plat met die agterkant van ‘n teelepel of vurk wat elke keer in water gedruk word.
Bak 12 – 15 minute by 180 °C (koekies sal bietjie uitsprei).
Hulle is baie sag as hulle uit die oond uit kom; so laat hulle heeltemal afkoel voordat jy hulle optel en geniet.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs