Your Recipe Blog

ILZE SE BRAAIVLEIS-VOUDEGIES (WRAPS)

ILZE SE BRAAIVLEIS-VOUDEGIES (WRAPS)

Die woord “allegaartjie” is vir my een van die mooiste Afrikaanse woorde… en een wat my ma baie gebruik het vir Sondagaandetes – wanneer al die bietjies oorblyfsels in die yskas opgebruik moet word voordat die week begin! So het ek ‘n allegaartjie in die yskas – drie verskillende soorte braaivleis (⅓ rol boerewors, twee klein tjoppies en’ n palmgrootte stukkie beesvleis), en ‘n klein bakkie mengelslaai. Nie genoeg vir ‘n ete op hul eie nie – maar saam is daar moontlikhede! So hierdie is braai-allegaartjie ‘wraps’ – genoeg vir vyf mense vir ‘n vinnige middagete of ligte aandete.

  • 2 koppies (of hoeveel jy het!) gaar braaivleis, in stukkies gesny
  • 1 ui, gekap
  • 1 geel soetrissie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gerasper
  • 1 of 2 murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • 2 teelepels paprika
  • vars koljander (‘n handvol), gekap
  • sout en peper, na smaak
  • 1 wiel Fetakaas, gekrummel
  • 6 “wraps”
  • blaarslaai, tamatie en komkommer, gesny (of oorblywende mengelslaai van gister)
  • mayonnaise

Braai ui, soetrissie, knoffel en murgpampoentjies tot sag. Voeg braaivleis, paprika, sout en peper by en braai nog 5 – 10 minute. Voeg koljander by, roer deur, krummel Feta bo-oor.
Sit deksel op en laat kaas effens sag raak.
Skep op warm “wraps”, met slaai en mayonnaise. Rol op en eet.

Resep en foto: Ilze Garber Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page