Your Recipe Blog

ILONA SE INGELEGDE PEPPADEWS

ILONA SE INGELEGDE PEPPADEWS

My boom dra die jaar baie goed na 3 jaar se groei en sy oes is pragtig, vir die inlê van die pepperdew gebruik ek die volgende:

  • 250 ml water
  • 250 ml asyn (wit druiwe asyn)
  • 250 ml wit suiker
  • 5 ml sout

Ontpit die pepperdews (gebuik handskoene, die goed het skop met die pitte in) en was baie goed.
As jy dit sterker wil hê, los ‘n paar met pitte in.
Kook die mengsel tot kookpunt en sit die pepperdews in. Laat kook ongeveer 5 min.
Bottel warm in voorbereide bottels en deksels.

Nota:
Hulle proe net soos die gekooptes en is baie goedkoper. Ek gebruik hulle ontrent in alles.

Resep en eerste foto: Ilona Turner
Tweede foto: Stien Rust

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page