IDEES VIR VLEISSOUS
Annuscha Posthumus
Hallo foodlovers! My man sê my Bisto sous proe te veel na net Bisto. Enige voorstelle om dit lekkerder te maak asb?
Chanelle Agenbag Mongie
Maak vir jou ‘n stew mengsel. Bisto met maizena. Meng en sit in ‘n glasbeker en gebruik soos jy nodig het. Meng dit met melk ipv water en gooi by jou kos.
Marika Tegmann
Ek sal miskien bietjie beef stock by sit. Bisto het ‘n baie sterk smaak.
Rina Kleinhans
Meng jou soppoeiers en Bisto en maizena/meel in ‘n houer en gebruik dit net soos wat jy die Bisto sou gebruik het, pas net jou sout aan.
Elize Grobbelaar
Soos Rina sê en sit ‘n teelepel marmite by. Pasop vir sout.
Erika Foot
Wat van bruinuie soppoeier gebruik ipv net Bisto. Bruinuie sop maak heerlike sousie. As jy bruinuie soppoeier en gingerale, meng oor hoender en in oondbak, is heerlik.
Vernon G Schoultz
Ek braai uie en gooi my Bisto daar by, lekker peper en tamatie sous en natuurlik Worstershire sous.
Petré Van Jaarsveld
Braai ‘n bietjie uie, gooi bietjie tamatiesous of chutney by die Bisto. Nou die aand geproe die Bisto is nie meer so sout as wat dit voorheen was nie. Ek het ‘n bietjie sout en grofgemaalde swartpeper ook bygevoeg.
Ellissen Meyer-Muller
Petré dis reg, ek ook geproe die Bisto is nie meer so erg sout nie. Dit werk vir ons.
Rika Boshoff
Ek meng ook my sopmengsel met blatjang of sweet chilli sous dan is jou sous lekker geurig!
Elsabie Templeton
Ek sit so bietjie van ‘n twist op die resepte wat op blog is. Ek maak aparte ene vir hoender geregte wat hoender, wituie en sampioenroomsop bevat. Wanneer ek dit aanmaak gooi ek suurlemoensap by.
Catherine Cooks van Aswegen
Meng jou Bisto met pakkie bruinuie sop, tamatie sop en sampioen sop en selfde hoeveelheid maizena as Bisto.
Pricilla van Rooyen
Ek sit soms bietjie Worcestersous, chutney en tamatiesous by. Dit gee die sous so effense “tang”, en mens kan dit lekker in yskas bere as daar te veel is. Ons sous dan alles hehe, slap tjippies, pie, mash…
Walter En Ilze Holder
Meng bruinuie, wituie, minestrone en sampioensoppoeier met Bisto en maizena. Bêre in digte houer en gebruik soos nodig.
Andre Minnaar
Ek sit English mustard by my Bistro.
Radiefa Sallie
Meng Minestrone sop poeier en Bisto saam met klein bietjie maizena. Heerlik.
Linda Laing
Ek los ‘n ‘stock cube’ in kookwater op en meng dan helfte Bisto, helfte maizena en oorskiet vleis souse by. Nog geen klagtes gehad nie.
Ineke Steyn
Ek gooi Bisto of woolies sin in pot saam oorskiet souse van die vleis en bietjie chutney en soyasous en Worcestersous.
Rencia Odendaal Pretorius
Ek braai uie dan Bisto met bietjie bruin uiesop! Heerlik!
Natasha Behrens – Daly
Ek mix 3 soppe om gravy te maak in ‘n blik. Brown onion, mushroom en ‘n oxtail. En dan natuurlik bisto. Baie lekker sous. Just add hot water and stir until thick.
Neville Meyer
My late wife used to mix Bisto and brown onion soup.
Natasha Ford Calvert
What works like a bomb for me with gravy is braised chopped onion. Add the beef stock pot and a bit of water till the stock pot dissolves. Then add some long life cream. Not too much. I add fresh black pepper or mushrooms.
Odp Bothma
Ek koop veskillende pakkies sop poeier – so 6 tot 8 dan meng ek dit met die bisto….maak ‘n groot veskil.
Amanda Goosen Herschel
Ek sit bietjie mixed herbs by.
Marlieze Nica Mamwell
Ek meng myne gewoonlik met maizena en BBQ spice en gebruik dit as stew sousie.
Jacqui Fichardt Millin
Ek gebruik ook daai bêremengsel.
Ek het my eie een vir hoender:
500 gr bruismeel, 1 pakkie hoender Bisto, 1 pakkie wituiesoppoeier, 1 pakkies room sampioensop, 2 pakkies room hoendersop
Liz Elske
‘n Bietjie tamatie sous by.
Sonia Petersen
I don’t use Bisto, I use maizena and soya sauce.
Hannetjie Griffin
Meng maizena met Bisto en maak dan pasta voor inroer by sous moenie sout dan gebruik Bisto het baie sout.
Betsy Van Heerden Viljoen
1 pk brown onion soup powder, 1 pk mushroom soup powder, 500 g Bisto gravy powder, 2 cups plain flour (roasted in oven till beige colour), 1 cup maizena (cornflour).
Mix all together and put in sealed jar. Use as desired – you can add any of the following soup powders: Oxtail, Mushroom, Brown onion, Chicken, Beef and onion.
Lyn Greenwood
Gebruik ‘n sousblokkie, en in plaas van water gooi rooiwyn vir beesvleis, en witwyn vir hoender/varkvleis in. ‘n Bietjie knoffel en kruie en saam met die Bisto het my ‘n smaaklike sous!
Foto: Pierre Du Preez