Your Recipe Blog

IDEES VIR TUNA EN MAYONNAISE TOEBROODJIES

IDEES VIR TUNA EN MAYONNAISE TOEBROODJIES

Marlene Kotze
Ek moet tuna en mayonnaise toebroodjies maak. Is daar ‘n manier om dit ‘n bietjie op te kikker asb?  Ek is nou al ‘n bietjie uitgeëet aan die gewone reseppie.

Sonja Cox
Sit ‘n granny Smith gerasperde appel by.
Marilize Hauptfleisch Fourie
Rasper gherkins en sny peppadews fyn, meng dan saam met mayonnaise in tuna. Sit ook slaaiblare teen elke sny brood, keer dat jou toebies pap word.
Janine Sharper
Grated carrots, mayonnaise and gherkins.
Melissa Ann Vermeulen
I always add chopped coriander to mine.

Annelize Jorge
Hier in Engeland is hulle lief daarvoor om Tuna mayonnaise met mieliepitte te meng. Hulle noem dit Tuna Crunch.
Patsy Charles Cloete
‘n rissie of ‘n bietjie chillie powder met uie by. Sny ‘n tamatie fyn ook daarin. Fyn groen soetrissie ook.
Audrey Rose
Komkommer en tamatie by.
Nina Timm
Definitief ‘n groen appel in die kleinste blokkies gesny.
Johanna Kalondo
Sit bacon bits by. Lipleklekker!!

Valda Thebus
Rasper gekookte eiers by.
Bettie Senekal
Niks so lekker as ‘n fyngekapte spring onion by nie.
Ronella De Bruto
Kerriepoeier in jou mayonnaise, baie lekker, en so ‘n bietjie blatjang.
Mien Warnich
Ek vat tuna, mayonnaise, gherkin en hard gekookte eier gemeng , met swart peper en bietjie sout.
Sabrina Borja
Sit capers in.

Corne Louw
Tuna en piesang, mayonnaise, gherkins, blokkies kaas, dalk dun rooi ui.
Juanita V Wyk
Rasper komkommer en pepperdews.
Elzabe Roelofse
Ek sit blaarslaai opgeverf, tamatie met gerasperse ui en kaas gerasper en meng met mayonnaise, kan dan sommer baie broodjies maak met 1 blikkie tuna.
Carla Bester
Tuna, mayonnaise, blatjang na smaak, roomkaas, pakkie wit uiesoppoeier. Meng alles saam. Baie lekker!
Marizane Rautenbach
Sny ‘n ui, groen soetrissie en vars pietersielie by! Ek meng dit met suurlemoensap, maaskaas, sout en peper, geen mayonnaise!

Mary-Ann Claassen
Ek maak slaai met appel, kaas, tuna, blaarslaai, mayonnaise, mosterd en sweet chilli sous gemeng. Dan sit ek dit op brood.
Wanda Cawood
Sandwich spread, sweet chilli sous en mayonnaise en klein bietjie suiker, pepper en sout.
Sharon Naude
Add sliced green olives, red onion, cherry tomatoes and gerkins with mayonnaise.
Frikkie Jones
Tuna, Fyngekapte ui, Appel in klein blokkies gesny. Mayonnaise gemeng met Griekse jogurt in gelyke dele met bietjie suurlemoensap, capers, sout en peper
Jacques Bester Stassen
Rasper komkommer ook in of fyn gekapte blaarslaai en meng met mayonnaise.
Hester Engelbrecht
Ek sit piesangs by myne dit is al hoe ek dit eet.

Frances Van Niekerk
I add finely chopped celery to my tuna with mayonnaise and a drop of lemon juice. Tiny bit of chopped onion (optional).
Shameez Sulaiman-Abrahams
I mixed tuna with chopped onion, tomato, greenpepper and a chilli, add mayonnaise and a bit of Nando’s lemon and herb. 😋
Rolien Cermak
Mayonnaise, tamatiesous en Tobasco.
Margot Catherine Penney
Probeer honey mustard sous of sweet Chilli cottage cheese.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5