Your Recipe Blog

IDEES VIR SOETPATATS

IDEES VIR SOETPATATS

Liezel Willers
Hi kan enige iemand stap vir stap verduidelik hoe om soetpatat wat in sirkels gesny is so te kook dat hulle amper deurskynend is en deur trek is met die stroop sonder om met soetpatat mash op te eindig. Ek mis my ouma se soetpatats, erens langs die pad eindig myne altyd soos mash op soos ek probeer om almal die selfde kleur te kry, myne is ook vaal teenoor haar patats wat glossy was. Dankie byvoorbaat

Drieka Blignault
Liezel Willers sny jou sirkels ewe dik.
Zelda Viljoen Turner
Dis nogals ekstra lekker as mens gedroogte nartjie skil insit.
Leonie Venter
Ek maak my patats in die oond met room en suiker en bietjie botter.
Jy sny dit in dun skywe dan pak jy dit lae, tussen elke laag gooi jy suiker. Na jy alles lae gepak het, gooi jy room bo-oor en so paar stukkies botter. Dan bak jy dit in die oond tot gaar, sous word soos karamel.
Jeanette van der Merwe
Ek roer nooit my patats nie. Sny in ringe. Voeg by vars lemoensap, botter, gemmer en geelsuiker. Knippie sout. Pak in lae met bietjie water en kook staaaadig op stoof. Kan ook ‘n kaneelstokkie byvoeg.
Drieka Blignault
Ek kook myne baie stadig en op die einde sit ek ‘n titseltjie koeksoda in. Ek maak net ‘n mespunt nat, druk in die koeksoda dan in die stroop, gee jou patats of pampoen mooi kleur.
Hester Swiegers
Ek maak eerste my stropie aan dan sit ek patats in om stadig in die stropie te kook.

Riana van Wyk
Ek sny myne dun en smoor/braai dit net in suiker en botter (geen water nie) ek doen dit al so vir 45 jaar.
Angelique Horn Swardt
Ek maak die beste patats in die Wes Kaap. Sny patats in lang repe. Sit by botter en Lyle’s Golden Syrup geen ander stroop. Lekker genoeg. Laat stadig kook tot stropie dikkerig word. Heerlik!
Margaret Greeff Minnie
Gouestroop bruin suiker en bietjie water. Geen botter. Hierdie is altyd suksesvol en stropie word so karamel. Te lekker.
Helena Louw Van Wyk
Ek sit ook goue stroop by my patats en natuurlik geelsuiker, nie wit suiker nie.
SB Mossie Mossie
My soetpatats. Sit suiker, stroop, gemmer, botter in kastrol en op stadige hitte tot dit karamel kleur het. Gooi 50 ml (min water is belangrik) water in, roer deur en sit patatskywe (kan nou naartjieskil of 2 bysit as jy wil) daarin. Sit deksel op, kook op medium hitte tot patat sag is. Haal deksel af en kook op stadige hitte tot begin braai. Dan eers keer ek patat met eierspaan om en braai anderkant ook. Hou maar dop vir aanbrand, maar ek roer glad nie en patats kom blinkbruin uit soos op foto.
Die hitte van plaat is belangrik. Ek noem net weer jou plaat se hitte moet reg wees. Stadig vir suikerstroop om te karameliseer, medium met deksel op om sag te kook, weer stadig braai sonder deksel.

Lizette Fulscher
SB Mossie Mossie ek maak dit ook so maar ek laat my patats lê (so in die pot net deksel op) in die suiker, botter, gemmer, bietjie sout vir so uur, maak dan sy eie stroop, geen water by. Kook dan verder soos jy beskryf. Baie njammies.
Delene Breytenbach
Water, suiker, sout, botter, kook vinnig moenie roer. Waneer water weg gekook het, stel stoof stadig om te braai.
Sandra Swart
Sit suiker in die pot. Smelt stadig tot tameletjie. Kook intussen water in ketel. Sodra suiker tameltjie is (pasop vir brand), voeg die kookwater by in pot en knippie of 2 sout. Laat kook tot al die tameletjie gesmelt is. Voeg geskilde patats by. Kook tot deursigtig. (O ja, sny dik skywe.)
Frikkie Jones
Saggies kook met baie botter, suiker en ‘n knippie gemmer. In ‘n groot pot dat die patats nie in lae lê nie. Jy wikkel net die pot so af en toe dat dit nie aanbrand nie.
Hazel Frantz
Pak skywe patat in lae met stukkies botter tussen in, bietjie sout en genoeg suiker. Dan lemoensap wat die patat net-net toemaak. Kook tot gaar. Kan in oond ook bak met of sonder foelie. Botter gee die glans.

Juliandia Bester
Ek smelt eers my botter en suiker en dan sit ek my patats in en kook stadig so in stroop en moenie roer nie… skud net pot.
Susan Delport
Juliandia Bester ek voeg ‘n kwart teelepel koeksoda opgelos in melk by net so ‘n rukkie voor dit gaar is, dit maak n mooi caramel kleur.
Janetta Reid
My sus maak heerlike patats. Sy sit vars gemmer, suiker, botter en lemoenskil by en kook stadig en sorg dat dit nie brand nie. Jy kan narjieskil gebruik as jy nie lemoen skil het nie.
Andrewette Hoffman Bloem
Ek kook my patat ringe net tot amper sag, dan sit ek dit in oondvaste bak, dan strooi ek suiker oor en ‘n bietjie olie en dan bak ek dit, dis heerlik.
Ansie van Schalkwyk
Baie suiker, botter en bietjie kookolie, omtrent niks water nie, bietjie gemmer en dan vinnig tot kook en dan hitte laag, moenie roer nie, skud, geduld.
Hendrik Greeff
Moenie die patats roer nie. Skud net die pot liggies heen en weer.
Jossie Loggenberg
Ek sit my patats, botter en so een en halwe koppie suiker saam in pot. Eers op stadige hitte en vinnig as dit amper gaar is. Ek sit ook bietjie suurlemoesap en gemmer by.
Lynette Kruger
Geen gekook eers nie. Braai daai skywe op hoogste pan hitte tot amper swart. Dan in oondbak. Daarna eers jou bruinsuiker, botter, suurlemoensap, heuning, kaneel ens.
Kom ek deel dan nóg makliker manier. Sit jou gewasde patats in plastieksak. Micro so 12 min op Med/High. Laat afkoel. Sny in mooi fancy skewe skywe. PANbraai op hoog tot amper donkerbruin. Sit dan in oondpan. Bruinsuiker, klonte botter, kaneel optioneel, sout en peper, suurlemoen, drizzle heuning as jy wil. Dan sweet chili sous. Bak oop in oond totdat sticky raak. So 180°C. Ek draai kort kort om met egglifter.
Steyn Elaine
Sny patat in sirkels. Baie dun. Sit in pot met botter en genoeg suiker. Voeg water by. Moenie te veel water insit nie. Net bietjie. Kook patats stadig tot deurskynend en totdat jou suiker stropie heerlik taai is. Jy kan kaneel by sit vir ekstra geur, of fyn gemmer en paar druppels suurlemoensap. Die geheim is dat jy nooit maar nooit hierdie patats moet roer nie. Jy kan soms die pot bietjie skud nader aan einde.
Annette Visagie
Sodra jou patats baie dun gesny is, gaan hulle pap raak. Ek smelt my botter, witsuiker, stroop, of heuning met bietjie gemmer en kaneel. Voeg bietjie water by sodra dit dit karamel is. Voeg patats by en kook stadig, voeg nog water by nie te veel nie, dit moet net toe wees met eerste klomp. Sit deksel op pot en kook. Moet nooit in jou pot roer nie. Lig jou kos met ‘n vurk en draai om, roer sal jou kos pap en fyn maak.
Bobby Le Roux
300 g patats 3 eetlepels suiker (45 ml). Geen water. Laat loop baie lank op baie lae hitte. Drie kaneel stokkies.

Foto:  Alta Gunter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page