Your Recipe Blog

IDEES VIR PANNEKOEKVULSEL

IDEES VIR PANNEKOEKVULSEL

Petro Borchard: Ek verkies dit plain met gewone suiker en suurlemoensap.
Vir savoury maak ek stapels soos met ‘n Jodetert – vul met romerige hoender of maalvleis afgewissel met gaar gestoomde groentes en witsous. Grill net voor opdien en sny dit in skywe soos ‘n gewone koek.
Susan Minnie: Ek smeer karamel kondensmelk, sit ‘n homp roomys en kaneelsuiker op. Kaas en tamatie, Weense worsie met smeerkaas. Kerrie maalvleis met kaas en tamatie. Hoender met mayonaise.
Ek smeer net kaassmeer oor die pannekoek en rol dan ‘n worsie daarin op.
Miemie de la Rie: Lekker maalvleis binne-in toegedraai en kaas sous bo-op. Ek maak gewone witsous soos op ‘n klein porsie 200 ml melk so 1 eetlepel koekmeel en 1 eetlepel margarien. Maak my meel aan met ‘n bietjie water, as die melk en botter kook, roer ek die meel by soos wat ‘n mens vla maak en dan roer ek my kaas by tot dit gesmelt is.

Louise DE Klerk: Ek rol ‘n “Cheese-Griller” binne in pannekoek, gooi witsous oor en dan kaas, bak in oond totdat kaas lekker gesmelt het!
Surene Strydom: Meng kondensmelk en suurlemoensap, laat dit effens styf raak. Smeer op pannekoek en rol op! Jy kan fyn gefdrukte skuimpies ook oorstrooi!
Anita Van Staden: Tuna en mayonnaise, hoender en mayonnaise of chicken Ala king stacks. Kerrie maalvleis soos bazaar vetkoek.

Dorothy Mulder: Pannekoek met karamel kondensmilk en sit piesang stukkies bo-op kondensmelk en ‘n homp roomys.
Estelle van der Westhuizen: Pannekoek met hoender vulsel en spinasie met fetakaas in. Dan maak jy stapel daarvan en eindig af met witsous en kaas. Sit in oond tot kaas gesmelt is en sny dit soos ‘n koek.
Allison Kemp: Gooi klein bietjie kaneelsuiker oor pannekoek, rasper dan ‘n Granny Smith appel bo-oor en rol dit op. Dit is heerlik!

Ilze Steyn: Ek hou van suurroom of plain yoghurt, heuning en suurlemoensap.
Monique Colyn Marais: Ek maak tunaslaai en rol dit dan in pannekoek op, heerlike middagete en lig.
Marinda Ferreira: Vul met melktertmengsel.
Constance Blignaut: EK gebruik nie meer lasagne velle om lasagne te maak. EK gebruik pannekoek, meer vullend ook.

Mike Ochtman: Nutella en geklitsde room.
Nikki Terblanche: Smeer die gaar pannekoek met bietjie botter, strooi kaneelsuiker oor, sit dan in die middel op gesnyde vars vrugte (enige iets waarvan jy hou) gooi bietjie heuning oor. Vou nou pannekoek lekker toe. Strooi weer bietjie kaneelsuiker bo-oor en bietjie heuning, en dan gooi jy klein bietjie fruit cocktail sap of mango sap oor, man dis woes lekker, ‘n ligte middagete of gebruik as nagereg saam met roomys of room.
Lucia Karsten Steyn: Een blik fyn tuna water afgegooi, een blik soetmielies en een eetlepel mayonnaise. Meng alles saam, laat dit so 1 min prut, roer aanhoudend en skep in pannekoek. Baie lekker!

Louise Griesel: Ek vat so 2 bakkies bloubessies, sit dit in ‘n pot met ‘n koppie water, laast dit stadig kook, geen suiker, bessies is soet genoeg. As bessies sag is, druk dit met drukker, daar moet nog bietjie stukkies wees. Kook nou tot dit effens taaierig voel, sit fyn gesnyde seisoen vrugte, (sagte vrugte) in, rol liggies op, gooi stropie bo-oor. As dit nie soet genoeg is nie, sif bietjie strooi -of versiersuiker bo-oor.
Nicolene Cloete Malan: Ek maak sommer ‘n ontbyt pannekoek met sampioene, kaas, eier, spek en tamaties of gerookte viennas.
Suzette Pieterse: Met grondboontjiebotter en stroop. To die for! Of ‘n Barone wat in die helfte gesny , toegedraai met die pannekoek. Sit in mikrogolf tot Barone net gesmelt is. Dien dan op met roomys
Poppie Van Niekerk: Smeer pannekoek met karamel kondensmelk pak weer pannekoek bo-op smeer melktert vulsel. Herhaal die proses met melktert vulsel bo en gooi karamel op vulsel.
Chantelle Wehmeyer: Fudge krummels.
Nadia Ferreira: Appels, suiker, kameel en rosyne. Vul pannekoeke en drup vars room oor. Hemels!

Maureen Rule: Sliced bananas flash fried in rum as a filling, and caramel sauce drizzled over with a blob of cream.
Brandon Carlo Windvogel: Pancake stack: prepare bakers custard, layer one pancake, spread with bakers custard, stack another pancake. Continue this until you reach the desired height, end off with a pancake, cover top with castor sugar and brulé, serve like you would any normal cake. Done
Maggie Janse van Vuuren: Ek pak pannekoeke op mekaar met gegeurde mince, kapokaartappels, tamatie smoor en kaas op . Baie vullend en heerlik.
Sonja Henderson: Spinasie en kaas vulsel my gunsteling.
Sonja Henderson: Of sampioene gemeng met spek, room en kaas mmmmm!
Hettie Gouws: Ek sny dan nog piesang op met peppermint crisp sjokolade gerasper.
Anneke Hartslief Kroucamp: Lekker soet dik vla. Maalvleis met witsous met kaas oor.

Mariska Rossouw: ‘n Tydjie terug was daar ‘n resep van gerookte salm en roomkaas in die Tuis tydskrif. Dis heerlik. Bak dun pannekoeke stapel hulle opmekaar (so 8-10) en vul met roomkaas en salm. Sny dan soos ‘n stuk koek en sit voor met slaai!!!!
Gezina En Hennie Gouws:  Ek maak een van witsous! Braai uie , sampioene, bietjie knoffel, 1 teelepel green pepper, ‘n pakkie spek en 2 blikkies tuna met kaas. Pak so 10 pannekoeke met lae tussen in. Bo-op net skoon witsous met kaas. Bak in oond so 20 min op 180°C. Sny soos ‘n tert in skywe. Heerlik!

Sophia Van Der Berg: Ek maak wraps met pannekoek, dit is lekker sag, nie so taai soos die ander wraps nie.
Daleen Becker: Hoenderlewers baie lekker. Of room spinasie of lekker roomys en room met karamel sous.
Amanda Bezuidenhout: Ek het al gaar tertapples en kaneel in pannekoek toegevou soos pakkie in bak gepak, stropie van suiker, water en botter oorgegooi en in oond gebak vir nagereg met geklopte room.
Petro van der Merwe: Gooi bietjie sultanas en neute by daai appels en heuning en so ‘n proppie brandewyn, njamnjam!

Philip Reineke: Heat pancake and add grated cheese and fried egg and salt. Fold into a wrap and enjoy.
Tatie Breedt: Piesang, malvalekkers en styfgeklopte room en stroop.
Ria Jacobs: Gegeurde maalvleis en kaassous binne en kaassous bo-op met gerasperde kaas en bak in oond, dis yummy!
Jenny De Castro: Maak piesangs fyn en gooi in die pannekoek beslag heerlik!
Jorina Venter: Witsous met dun stukkies biltong.
Lindie Lezar: Rol ham binne, pak in bak, gooi gerasperde kaas en room oor. Bak vir 30 min in die oond. Dis hemels! Gestoofde droë vrugte met roomys!
Sanette Henning: Ontbyt pannekoek. Vul met gaar roereier, gemeng met bietjie mayonaise, spek en gerasperde kaas. Rol op, versier met gerasperde kaas en skyfie tamatie. Pannekoek met romerige hoendervulsel.
Lynette Blignaut: Maak kerrie maalvleis en sit in panne koek en rol toe, sit in bak lekker styf teen mekaar, gooi kaassous oor en lekker baie kaas en druk in die oond en bak tot kaas gesmelt het, my familie love dit.

Petro Botha: Ek hou van marmite met kaas in my pannekoek!
Lorette Els: Smeer met pienk spursous, sagte biltong en kaas / romerige spinasievulsel met fetakaas / maalvleis met kaas blaarslaai en tamatie / nutella of karamelkondensmelk, gesnipperde piesang en room.
Meyer Combrinck: Ek het al pannekoeke gevul met baklava, en dit toe binne-in ‘n sjokoladebeslag gebak in ‘n ringpan, met gesmelte ganache bo-oor.
Zelda Juffrou Snyman: Milo en suiker.
Aneesah Isaacs Davids: Jam and coconut.

Babs van der Westhuizen: My kleindogters sit hoender flentertjies en kaas bo-op die pannekoek in die pan, sit die ander een bo-op en druk vas met eierspaan. Strooi kaas oor die een helfte en vou dit oor, sit in bord en skep witsous oor. Saam met gebakte tamatie is dit hemels.
Nadine Juta Strydom: Ouma maak so lekker malvalekker en pynappel vulsel. Saam met pannekoek is dit SMUL lekker!!
Daphne Venter: Daar was ‘n plek in Pta wat pannekoeke verkoop het met allerhande vulsels. My gunstelling was’ n pannekoek vol vars kersies met roomys bo en merengue op die roomys gekrummel. Dit is awesome. Nog lekker is pannekoek met piesangs, karamel en roomys.
Lida Van Tiddens Pretorius: Meng gaar pampoen in jou pannekoekmengsel, bak, bedien dan opgerol met ‘n karamelsous en room. Dis hemels!
Chemoné Louw: Bully beef fyn, fyn gedruk gemeng met mayo en bietjie blatjang, baaaaie leka. My mamma maak altyd by vinger etes, nie te groot pannekoek nie, met reg vir vingerhappie.

Chemoné Louw: Pannekoeke kan plaasvervanger wees vir lasagne velle, of cannelloni, rol die vulsel en pak soos jy cannelloni sou pak met souse, yummm!
Thea Harms: Ek maak kaassous met shrimps in, as ‘n vulsel. Baie lekker.
Annelie Imbrailo: Crêpe Suzette, mal daaroor met roomys. O en natuurlik enchiladas
Vallerie Walkinshaw: Gemengde vrugte met room en skuimpies, heerlik verby!
Paula R Finnegan: Asparagus, ham and cheese sauce, the best ⁉️
Rooi Jakkels: Suurlemoenskil by die beslag ingerasper.

Rina Bezuidenhout: Ons maak graag ook ‘n seekosvulsel met witsous. Heerlik.
Eunice Williams: Steak and chips with salads and make raps.
Tienie Oosthuizen: Vul pannekoeke met vleisvulsel en rol op. Gooi blik tamatie en uie onder in bak, laag pannekoeke, dik laag witsous met sweet chillie oor, laag pannekoek en weer laag witsous. Kaas oor en bak bruin.
Louisa Heymans: Gooi teelepel kakao by pannekoek deeg. Bak soos normaal weg. Eet met karamelkondensmelk of gewone kondensmelk vir nagereg. Heerlik.

Yvonne Jones:
Pannekoek met peppermint crisp tert vulsel: gekookte kondensmelk gemeng met styf geklopte room en 2 gerasperde peppermint crisp sjokolade, hou bietjie sjokelade vir nog bo-op gevulde pannekoek. Heerlik😋😋
Pannekoek met Swart kersies: Dreineer kersies maar behou die sous, vul warm pannekoeke met kersies, kook ‘n stroop van kersies in ‘n pot met 1 koppie suiker tot ‘n dikkerige stroop, skep oor pannekoeke. Bedien warm met ‘n skep vanilla roomys.
Pannekoek met Pekaneut tert vulsel: Vul pannekoeke met pekaneut tertvulsel bedien met ‘n skeppie styf geklitste room of roomys.

Resep: Melissa Barnard
No fuss gevulde hoenderkerrie pannekoek. Best of both worlds in die lekker reën😊. Aandete gisteraand.

  • Kerrievulsel:
  • 4 hoender borsies
  • 1 ui, gekerf
  • 1 teelepel knoffel
  • 1 hoendersous blokkie
  • 1 teelepel hoender speserye
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • sout en peper na smaak
  • 1 blikkie Koo mixed veg in Durban curry sauce
  • 2 aartappels, geskil en opgesny

Sny borsies in kleiner stukke. Stoom in pressure cooker (elektries) vir 25min met alle bestandele behalwe aartappels en mixed veg. Maak hoender fyn (shredded) Sny aartappels in klein blokkies, voeg by saam met blikkie mixed veg. Stoom nog 12min. As sous te dun is voeg 1 teelepel maizena by.

  • Pannekoekmengsel:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eiers
  • 1 plat teelepel bakpoeier
  • 3 koppies water
  • sout

Kaassous (min of meer hoeveelhede)
Smelt 2 eetlepels botter in mikrogolf.
Voeg 1 en half eetlelepels koekmeel by, maak ‘n paste.
Voeg by ± 400 ml melk. Sit in mikrogolf vir 3 – 4 min, kyk dat nie oorkook en roer nou en dan.
Voeg by 1½ koppie gerasperde kaas. Mikrogolf weer tot kaas gesmelt.
Sout en peper na smaak. As te dik, voeg melk by tot die regt dikte.

Bedien met Cayenne pepper bo-oor gestrooi.

Foto: Melissa Barnard

One Review

  1. Elsa v.d. Merwe

    Ek is mal oor pannekoek met gewone kondensmelk in, maar my kinders sit topdeck blokkies saam die kondensmelk vir ekstra lekkerte.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page